






Ware liefde sal mens altyd voor veg.
Ek het julle die dag met die verlowing sessie ontmoet en kon die liefde tussen julle sien. Julle was so opgewonde en kon nie meer wag dat julle die groot dag kan aanbreek nie.
Met die troue toe ek by Lezar Opstal aan kom, het ek begin met die dekor. Dit was so mooi met die sagte kleure. Die dag was so mooi en perfek. Die venue en dekor het baie by julle as persoon gepas. Die dag het ek ware liefde gesien. Elke keer wanner julle in mekaar se oë kyk dan sien ek die liefde vir mekaar. Ek het dit baie geniet om die dag saam julle te wees en dat ek dit kon vas vang op kamera.
Mag julle liefde altyd so mooi bly.